
Altyd Hier By Jou
As jy stil is hier alleen met jou seer
Weet Ek is altyd naby jou
En as jy dink daar's niks meer om voor te leef
Weet Ek is altyd naby jou
Ek is altyd hier by jou
Want daar's niks wat ons twee kan skei
En daar's nerêns waarheen jy kan gaan
En daar's nooit 'n oomblik verwydering van My
Ek is altyd hier by jou
As die dae eensaam verby jou gly
Weet jy's nooit te ver van My
Elke donker oomblik van doodsgevaar
Vertrou en weet, Ek is altyd daar
Vertrou en weet, Ek is altyd daar
Want daar's niks wat ons twee kan skei
En daar's nerêns waarheen jy kan gaan
En daar's nooit 'n oomblik verwydering van My
Want Ek is altyd
Hier by jou