Carlé Van Deventer

Bewyse Van Lewe


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Ek gebruik 'n sigaret
Trek die rook diep in my longe in
Dit laat my skoner voel
Want dit laat my vuiler voel
En so weet ek, ek's nog hier
Hier ondermeer

Dankie Meneer
Ek maak myself seer
Dankie Meneer
Ek maak myself seer

En wat my seker die meeste irriteer is dat jy dink
Jy's in beheer
Ek het merke van lank voor jou tyd
Jy is net die tande
Ek is die bait

Hoe voel dit in my bed
Noudat jy weet ek gebruik jou net?
Daar is ander op jou tuin
'n Stuk of sewe
Ek gebruik hulle net
Vir 'n bewys van lewe

Ek gebruik die simpatie
Trek die soetheid in my krake in
Dit laat my slegter voel
Want dit laat my beter voel
Dan so weet ek, ek's nog nie
So dood soos ek voel nie

Dankie Meneer
Ek maak myself seer
Dankie Meneer
Ek maak myself seer

En wat my seker die meeste irriteer is dat jy dink
Jy's in my beheer
Ek het merke van lank voor jou tyd
Jy is net die tande
Ek is die bait

Hoe voel dit in my bed
Noudat jy weet ek gebruik jou net?
Daar is ander op jou tuin
'n Stuk of sewe
Ek gebruik hulle net
Vir 'n bewys van lewe

Hoe voel jy nou sleg
Noudat jy weet ek gebruik jou net?
Daar is ander op jou tuin
'n Stuk of sewe
Ek gebruik hulle net
Vir 'n bewys van lewe