
Chamonix
Eens het daar 'n aandblom in die môre nog geblom
Uit 'n berg-omringde vallei het die nuus tot my gekom
Die wind het my oortuig
Soos die strome weer sou kom
Valleie weer sou bloei tot die winter kom
Hou my vas as die winter skielik kom
Hou my vas as die winter skielik kom
Ek wou saam met jou loop na waar die son in die oggend op kom
Maar tyd het my laat weet dat ek jou spore nooit sou ken
En skielik was daar weer meer
Om te soek as wat ek vind
Ek sien jou steeds gereeld, wanneer my moed in my skoene sink
Hou my vas as die winter skielik kom
Hou my vas as die winter skielik kom
Hou my vas as die winter skielik kom
Hou my vas as die winter skielik kom