
Daar Doer In Die Bosveld
Vêr van die stad
Wil ek gaan ry
Die ou Wapad
Die roep na my
My hart verlang
Na eensaamheid
O, laat my dwaal
Oor velde wyd
Daar doer in die Bosveld
Daar wil ek bly
Daar doer in die Bosveld
Daar's rus vir my
Deur heimwee gedrewe
Daar wil ek lewe
In vreedsaamheid en stilte gaan die tyd verby
Groen doringbome
Fluister omheen
Rustige drome
Droom ek alleen
Skoon lente maande
Sterrelig aande
Oral is skoonheid
Elk lewe te seën
Daar doer in die Bosveld
Daar wil ek bly
Daar doer in die Bosveld
Daar's rus vir my
Deur heimwee gedrewe
Daar wil ek lewe
In vreedsaamheid en stilte gaan die tyd verby