Piet Smit

Ek Weet U Roep My


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Ek ken U nie
Maar ek weet U roep my
Met 'n sagte stem
Wat ek kan hoor
My lewe is leeg
In sonde rigting
Deur self probeer
Het ek verloor

Daarom kom lê ek alles hier by U voete
Ek bring die mens
Wat hier binne in my huil
Want deur my sonde Heer, is ek verlore
Totaal sonder hoop
Ek weet ek is vuil

Maar in U O Heer
Vind ek genade
U't die volle pad
Vir my geloop

U alleen is die weg, die waarheid, die lewe
Die enigste deur
Na lewe en hoop
Want deur U dood aan die kruis is ek vergewe
En deur U bloed
Kom was U my skoon
Daarom kom gee ek U, my hele lewe
Ek vra U nou
Om in my te woon

Dankie Here
U is nou my koning