Dewald Wasserfall

Goeie Wyn En Slegte Gewoontes


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Jy’t gesê
Dis al wat jy ooit wou hê
Dis al wat jy ooit wou kry
Jou elke asem was vir my
Jy’s in my bloed
Kop vol twyfel, hart vol moed
Siel en skaduwees van seer
Belowe jy was soveel meer

Jy’s soos goeie wyn
Net ‘n slegte gewoonte
Maar jy vloei in my
Jy verstaan al my sonde
Dis net jy
Dis alles vir jou

Jy’s soos goeie wyn
Net ‘n slegte gewoonte
Dis die gevoel in my as ek jou sien in die somer
Dis net jy
Dis alles vir jou

Jy’t laat weet
Jy wou alles van my vergeet
Maar alles wat ek kan onthou
Is iewers in jou toegevou

Jy’s soos goeie wyn
Net ‘n slegte gewoonte
Maar jy vloei in my
Jy verstaan al my sonde
Dis net jy
Dis alles vir jou

En wat dit ookal werd is
Maak seker dat jy sterk is
Maak seker dat jy weet wat jy wil hê

En hoe dit ookal nou sy
Belowe net jy mis my
Maak seker dat jy weet

Jy’s soos goeie wyn
Net ‘n slegte gewoonte
Maar jy vloei in my
Jy verstaan al my sonde
Dis net jy
Dis alles vir jou

Jy’s soos goeie wyn
Net ‘n slegte gewoonte
Dis die gevoel in my as ek jou sien in die somer
Dis net jy
Dis alles vir jou

Dis net jy
Dis alles vir jou