Oase Gemeente

Hier Is Ek


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

My God is die een
Wat berge verskuif
My naam in die palm
Van Sy hand geskryf

Skepper van die sterre
Son en maan
U wat ook tyd maak
Om by my stil te staan

Wie is ek?
Wie is ek?
Dat U my sou lief hê
Dat U aan my dink

Wie is ek?
Wie is ek?
Dat U my roep

My Vader die Koning
Skepper Heer
Na U lewe, U liefde
Smag ek meer en meer

Al val daar 'n duisend
Aan my sy
Sal ek nie vrees nie
U beskerm my

Hier is ek
Hier is ek
'n Kind van die Koning
Geroep voor die eeue
Met 'n legioen van engele
Stuur my uit

Hoe kan dit wees
Dat die stukkend en die seer
Skree harder as die mooi en die reg
Die verval trek sterker en sterker
Ons kinders huil en soek hulle pa's
Ons ma's word al hoe minder en minder geag

Hoe kan dit wees ons lewe in 'n samelewing met baie blink en lekker goed
Maar in haarself is sy siek en voel minder goed
Hoe kan dit wees dat ons wil heers, maar ons enigste manier is deur vrees
Hoe kan dit wees, ons gebed dan weer, Heer
Laat U koningkryk kom soos dit is by U, laat dit ook wees so hier by ons

My vermoë om pyn en seer te identifiseer, is juis omdat U Gees in my woon
Ek is nie net gered nie maar ook geroep om U liggaam te wees
En ten spyte van al hierdie seer
Is ons ook besig om 'n klinkende oorwinning te behaal
Deur Christus wat Sy liefde so duidelik aan ons bewys

Een ding weet ek vas en seker
Niks kan ons skei van Sy liefde nie
Nie dood, of lewe, of engele, of duiwelse magte nie
Nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie
Nie bo-aardse magte nie
Hoegenaamd niks daarbo, of in die diepstes, of elders in hierdie skepping
Sal ons kan skei van Sy liefde nie
En daarom is my gebed vandag
Here, hier is ek

Hier is ek
Hier is ek
Wagtend in U hande
Gehoorsaam aan U stem
U hart rig myne
Na 'n wêreld in nood
Hier is ek