Brendan Peyper

In Silhouette Saam Met My


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Warm en koud
Dit maak my so benoud
As jy my arm draai
Jou woorde laat my raai
Vat en los
Kan liefde soveel kos
Ek weet dis tyd om weg te draai
Maar ek gaan my hart verraai

Dit kan so anders wees
Ek het dit in jou oë gelees

Jy los jou lippe hier op my wang
Terwyl my baadjie nog aan jou deur hang
Ek wil nie los, ek wil bly
In silhouette met jou arms styf om my

Ons wolwedans sal my
Nie keer
Ek kan nie stop nie al is
Dit seer
Ek wil net vashou en bly in silhouette
Met jou arms styf om my
In silhouette saam met my
(In silhouette saam met my)

Oor en verby
Fluister jou mond vir my
Maar jy verklap die leun
Jou oë roep ek's die een (Oë roep ek's die een)
In of uit
Hoe lank vat 'n besluit
Ek's koud gestry warm baklei
En dit sny tot diep in my

Dit kan so anders wees
Ons kan die guns van liefde leef

Jy los jou lippe hier op my wang
Terwyl my baadjie nog aan jou deur hang
Ek wil nie los, ek wil bly
In silhouette met jou arms styf om my

Ons wolwedans sal my
Nie keer
Ek kan nie stop nie al is
Dit seer
Ek wil net vashou en bly in silhouette
Met jou arms styf om my
In silhouette saam met my

Ek wil nie meer praat nie
Ek wil nie meer dink nie
Ek kan nie meer wag nie
Ek kan nie meer keer nie
Ek kan nie staan, en kyk hoe die liefde van
My hart hier voor my weg loop nie (Weg loop nie)

Ek wil nie meer mors nie
En als net aanvaar nie
Sonder om hartseer
Daaroor te wees nie
Wil ons bewaar
Jy weet ek is altyd daar
Een met jou
Een met jou

Jy los jou lippe hier op my wang
Terwyl my baadjie nog aan jou deur hang
Ek wil nie los, ek wil bly
In silhouette met jou arms styf om my (Styf om my)

Ons wolwedans sal my
Nie keer
Ek kan nie stop nie al is
Dit seer
Ek wil net vashou en bly in silhouette
Met jou arms styf om my
In silhouette saam met my

In silhouette saam met my
In silhouette saam met my