
Kinders Van Die Wind
Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel
En weë
Van lank-vergane skepe in
Die kelders
Van die see
Die woorde is
Vergete
En tog
Die deuntjie draal
Soos vaag-onthoude grepies uit
'n Baie
Ou verhaal
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik
Was almal maar
Kinders
Van die wind
Gesigte
Drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen al die woorde is
Sou net
'n Kind
Wou raai
Swerwers sonder rigting
Soekers wat nooit vind, en eindelik
Was almal maar
Kinders
Van die wind