
Lied Van Die Wenner
U is my sterkte
My hulp en my Heer
U krag gee my vlerke
En ek triomfeer
Ek is 'n oorwinnaar
In Jesus se krag
Oor berge en steiltes
Wat nog vir my wag
Met U gaan ek duisend berge oor
Met U Heer, hier by my
Al lê vir my pyn of swaarkry voor
U Gees staan my by
U vul my met sterkte en met krag
U hardloop hier langs my
En als wat ek nodig het vandag
Dit gee U vir my
U bruisende lewe
Vloei hier binne my
Dat ek hoër kan strewe
En oorwinning verkry
Met U kan ek aanhou
Met U sal ek wen
Omdat U my liefhet
En omdat ek U ken
Met U gaan ek duisend berge oor
Met U Heer, hier by my
Al lê vir my pyn of swaarkry voor
U Gees sal my lei
En U laat my voete veilig staan
U Gees gee my lewe
Met U kan ek heelpad voluit gaan
Want U is by my
Ek is 'n oorwinnaar
In Jesus se naam
Oor berge en steiltes
Gaan Hy met my saam
En ek sal nie vrees
Nee, ek is nie bang
Want met U hier by my
Weet ek dat ek kan
Ja ek is meer as oorwinnaar
In Jesus se naam