Jan de Wet

Meer Van Myself


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Meer van myself vir U
Meer van myself vir U
Meer van my krag, my energie
Meer van myself vir U

Meer van my tyd vir U
Meer van my tyd vir U
Meer dink in terme van ewigheid
Meer van my tyd vir U

Want U het U hele self vir my gegee
As 'n kind in die krip, as 'n lam aan die kruis
U het U hele hart en siel vir my gegee
Daarom lê ek my neer, ek sal my dank bewys

Meer van my trots vir U
Meer van my trots vir U
Meer liefde en harmonie
Meer van my trots vir U

Meer van my geld vir U
Meer van my geld vir U
Niks wat ek het is net myne nie
Meer van my geld vir U

Want U het U hele self vir my gegee
As 'n kind in die krip as 'n lam aan die kruis
U het U hele hart en siel vir my gegee
Daarom lê ek my neer en almal in my huis

Meer van my hart vir U
Meer van my trots vir U
Meer van my geld, en my tyd vir U
Meer van my self vir U

En ek sal my dank bewys
Ek en ook my huis