
My Lewe Sing 'n Loflied
Die lewe gaan so gou verby
Daar is soveel kans vir jou en my
Dat ons lewe hier op aarde dalk
Vir iemand 'n verskil kan maak
Die Here wil jou graag gebruik
As bouer van Sy koningkryk
Hy soek mense wat Sy liefde uit sal dra
My lewe sing 'n loflied vir die Heer
Ek wil so leef dat my lewe U vereer
Hou my hand en lei my veilig elke tree
Dat ek elke dag net meer soos U kan wees
Ek en jy iets waarvoor ons lewe
'n Droom waarna ons almal streef
Kom lê dit alles voor Hom neer
Alles wat ons het, is vir ons gegee
Gee jou lewe om te tel vir iets
Bring jou offer, sing jou lewenslied
Wie weet wat kan Hy met jou lewe doen
My lewe sing 'n loflied vir die Heer
Ek wil so leef dat my lewe U vereer
Hou my hand en lei my veilig elke tree
Dat ek elke dag net meer soos U kan wees
My lewe sing 'n loflied vir die Heer
Ek wil so leef dat my lewe U vereer
Hou my hand en lei my veilig elke tree
Dat ek elke dag net meer soos U kan wees
Dat ek elke dag net meer soos U kan wees