Bobby Van Jaarsveld

Net Vir Jou


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Hoe sal jy dit ooit verstaan
As jy nie weet waaroor dit gaan
Hoe kan jy my so vermy
As jy dan sê jy's lief vir my

Hoe kan jy dan aanhou sê
Dat jy net vir my wil hê?
Ek wil graag weet waar ons staan
En waar ons gaan

Want ek wag
Net vir jou, net vir jou
Kyk hier staan ek nou en wag
Net vir jou, net vir jou
O ek staan en wonder
Hoe kan jy dan vir my sê, dat jy my liefhet
As ek wag
Net vir jou, net vir jou
Om my weer vas te hou

Hoe kan ek alles vir jou gee
As my hele hart vir my sê nee
Jy sê vir my dis als OK en ek moet net nog langer bly
Dan hou jy my vas en ek weet, jy het klaar van my vergeet
Ek wil graag weet, waar ons staan, en waar ons gaan

Want ek wag
Net vir jou, net vir jou
Kyk hier staan ek nou en wag
Net vir jou, net vir jou
O ek staan en wonder
Hoe kan jy dan vir my sê, dat jy my liefhet
As ek wag
Net vir jou, net vir jou
Om my weer vas te hou

Ek voel dit deur my are
Miskien net onervare
Maar ek kan nie langer vir jou wag nie
Ek kan nie langer nie, nog 'n dag nie
Jy is hier maar ek mis jou

As ek wag
Net vir jou, net vir jou

Net vir jou, net vir jou
Kyk hier staan ek nou en wag
Net vir jou, net vir jou
O ek staan en wonder
Hoe kan jy dan vir my sê dat jy my liefhet
As ek wag net vir jou, net vir jou
Om my weer vas te hou

Om my weer vas te hou
Om my weer vas te hou