
Praat Ek Mense, Eng'Letale
Praat ek mense, eng'le tale
Maar dis nie uit liefde nie
Is my woorde hol simbole
Klanke sonder melodie
Al kan ek geheime uitlê
Berge deur geloof versit
Of al het ek al die kennis, sonder liefde is ek niks
Sonder liefde sal my gawes
Al my ywer my nie baat
Net die liefde, onbaatsugtig
Bly oorwin met goed, die kwaad
Onreg kan dit nie verdra nie
Dit is met die waarheid bly
Deur vergiffenis, hoop verwagting, kom
Die beste in ons vry
Al die tale, profesieë
Met die tyd gaan dit verby
Net die liefde, die volmaakte
Kom en sal vir altyd bly
Want geloof gee troos en rigting
Na die toekoms reik die hoop
Liefde is en bly die grootste, liefde sluit die lewe oop