Wanda De Kock

Reën Oor My Lewe


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Reën oor my lewe
'n Heil'ge vuur
Ek het dors na ewige vrede

Hoor my gebede
In hierdie uur
Laat U geestesvrug oor my reën

Skyn deur my skanse
Deurweek my hart
Skeur die greep van dorsland gordyne

Breek deur die mure
Verdrink my siel
In die see van lig wat U bring

Was my opnuut in U liefdesbloed
Bring die vuur van U Gees
Reinig my, heilig my
Vorm my wese om spieël van God
Te wees

Spoor my tot soektog
En laat my vind
Bring 'n ydel mens op sy knieë

Lei die verdwaalde
Terug na die brood
Giet U wyn oor wonde wat bloei

Naak is ek voor U
My hande leeg
Ek het dors en U is die water

Net een begeerte
Wat oorbly Heer
Ek wil ewig een wees met U

Reën oor my lewe
'n Heil'ge vuur
Ek het dors na ewige vrede

Hoor my gebede
In hierdie uur
Laat U geestesvrug oor my reën

Laat U geestesvrug oor my reën
Laat U geestesvrug oor my reën