
Sekelmaan - Live
Vanaand se sekelmaan is net vir jou
Mag Hy dans tot in jou hart
En Sy arms om jou vou
Want as Hy kon praat sou Hy eenvoudig sê
Hoe diep My liefde hierbinne
Vir jou lê
En mensekind Ek weet jou hart is broos
Want die twyfel trek jou skeef
En jy’s leeg en moedeloos
Maar as jy My oë vir ’n oomblik sou kon leen
Sou jy ’n bruid sien
In wit gekleë
En weet jy
Wie dit is?
Kan jou aardse siel begryp
Na wie Ek verlang?
Dit is jy
My bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë
En die hout se pyn verdwyn
Want dit is jy
Geliefde van My sy
Ek's hier
By jou
In jou
Om jou
Net lief te hê
En al sou jy ook die deur in My gesig toeslaan
En die leuens bly glo
Dat Ek net nie bestaan
Sal Ek nog steeds My liefde vir jou kom wys
’n Gebreekte lyf wat hang
Aan ’n kruis
En weet jy
Wie jy is?
Kan jou aardse siel begryp
Na wie Ek verlang?
Want dit is jy
My bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë
En die hout se pyn verdwyn
Want dit is jy
Geliefde van My sy
Ek is hier
By jou
In jou
Om jou
Want dit is jy
My bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë
En die hout se pyn verdwyn
Want dit is jy
Geliefde van My sy
Ek is hier
Hier by jou
In jou
Om jou
Ek is hier by jou, in jou, om jou
Net lief te hê