
Snor City [Live]
Dagsê liewe mense, ek is vandag jou gids in Pretoria
Ons is op soek vir net een skoon bolip in Pretoria
Want dit is die stad met geen bolip glad, dis Pretoria
Want orals in die strate is die fans van Country plate In Pretoria
Stap, slaap, eet, drink, dink, raak mal
Stap, slaap, eet, drink, dink, eet, raak mal
In Pretoria
Dis Pretoria
In Pretoria
Dis Pretoria
Grootste Afrikaanse stad in die Suidelike Halfrond
Dis Pretoria, ja ja ja ja
Dis Pretoria
Hoe verder ek loop, dan hoe minder raak my hoop in Pretoria
Dit lyk vir my 'n snor is meer nodig as a tjor in Pretoria
Hul ry 'n Ford Snortina en hul eet snorgasbord in Pretoria
Ek soek nou al jare vir 'n man sonder die hare van Pretoria
O red, my liewe God, van die nare snor-komplot in Pretoria
As ek 'n terroris was
Sou ek 'n snorbom verwerp het vir Pretoria
O, Mnr Snortjé, ek sien jou weer en weer en weer in Pretoria
Dis iets in die lug, dit trek die haar uit jou gesig in Pretoria
O my liewe aarde, ek het te lank gepraat, op my lip is die nare hare van Pretoria
Dis die haargevaar
Total onsnort!
Snor city
Snor city
Snor city