Joshua Na Die Reën

Someraarde


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Ons het die doringdraad gespring
Jou hart was braaf soos die middernag
En lig soos 'n ligtoring
Vrede het die kyk in jou gebring
Ek het jou soms so misverstaan
En soms het ek te goed
Die oggendson het jou kom haal
Was dit soms ver agterna
Sou ek volg waar jy sou gaan

Someraarde
Wie is jou hoop
As die lig in die donker verdwyn is ek dood
Hoe sou ons terugkyk en wens ons was groot
Toe die lig in die donker verdwyn

Jou rug het jy op niemand ooit gedraai
Ek onthou daai keer het almal jou in die steek gelaat
Jy't jou ander wang vir hul gedraai
In die een hand het jy seer gehou in die ander jou verstaan
Eens het ek seer net verstaan
As iets wat jy in stilte laat oorgaan
Tot dit jou opvreet, tot jou binneste nie meer kan
Jy's braaf as jy kan praat sonder 'n traan
Maar dis trane wat jou hart beter maak

Someraarde
Wie is jou hoop
(Someraarde)
Someraarde
Wie is jou hoop
As die lig in die donker verdwyn
Is ek dood
(Someraarde)
Someraarde
Dit is ons hoop
Om te kan wys hoe ons voel
Selfs al is ons, is ons nou groot

Hoe sou ons terugkyk en sê ons was dood
As die lig nooit in die donker verdwyn
Het nie
Rigting was nog altyd jou sterkpunt
Dit is goed om te kyk soos met jou oop oë na die pad vooruit
Ek sien dinge meeste van die tyd
Deur oë sonder logiese verduidelikings vir hoekom dinge lyk, soos dit lyk
Ek reken ek hoop maar

Ons het oor die doringdraad gespring
Jou hart is braaf soos die middernag
En lig soos 'n ligtoring

Soos 'n ligtoring