
Stem Uit Die Noorde
In die donker nag
Het ek lank vir iets bly wag
Vanuit die mis oor die berge in my
Nog altyd een vir droom
In my verbeelding kon ek wegstroom
En ek sou volg tot waarin drome my lei
Soms bly roep dit hier
Soms hoop ek dis jy
Hou my hand voor jy vlug
Kry eers die sprankel in jou oë weer terug
Dis tyd vir gee, dis tyd vir gaan
Is dit in jou hart waarvoor jy nou moet staan
Stuur vir my 'n teken as eerste lig oor die aarde breek
Ek wil luister, ek wil nooit vergeet
Eens was daar 'n droogte toe 'n stem in die noorde dreun
Vir dié wat gewag het sou dit twee keer reën
Hou my hand voor jy vlug
Kry eers die sprankel in jou oë weer terug
Dis tyd vir gee
Dis tyd vir gaan
Is dit in jou hart waarvoor jy nou moet staan