Richard Van Der Westhuizen

Tussen Treine


Imprimir canciónEnviar corrección de la canciónEnviar canción nuevafacebooktwitterwhatsapp

Ek wonder wat van jou geword het
Jy wat nog so
By my spook
Ek weet net ons het die vuur gemaak
Die wêreld aan die brand gestook

Nou is die nagte soveel stiller
Die dae eis sy eie tol
Maar ons twee was die wilde wind se blare
Ons kaartjies lê die hele wêreld vol

Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies
Net die leë spore

Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Nou vra ek waar het alles begin
Die ding van los wees voor die wind
Onthou jy ook die rook, die yster
Die lig wat in die verte blink

Dan dink ek terug aan soveel dae
Soveel stawe op die spoor
Ja daar was voorheen 'n tyd van treine
Waar en wanneer het ons dit verloor?

Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies
Net die leë spore

Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies
Van die onskuld nou verlore

Elke keer was dit 'n afskeid
Elke keer weer 'n begin
'n Honderd haltes langs die spoor
Elke stasie het sy eie skim

Miskien het ek
Verleer om te kyk
Jy bepaal jou eie baan (Ooh)
Soms sien ek die skadu
Van jou spieëlbeeld
As spieëls
Verbrokkel voor die maan

Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies
Net die leë spore

Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies
Van die onskuld nou verlore