
U Liefdeslied Vir My
U liefde kleur die blou, blou helder hemel
U goedheid reis die dagbreek oor die see
U almag blink in maanlig oor die berge
Die skoonheid van
U skepping sleur my mee
U glorie sprei in vlerke van 'n arend
Genade sweef in wolke hoog en vry
Die skepping sing vir my gewone sterfling
Die Skepper God se liefdeslied weerklink vir my
Ek sien die kruis, ek volg U spoor na Golgota
Ek sien die kroon, die dorings wat U dra
Ek kniel hier neer, om nederig en dankbaar
Vergifenis vir my sondeskuld te vra
Ek ken die kruis, ek ken die man van smarte
Ek voel U pyn, U liefdesbloed bevry
En van die kruishout koppie styg die note
Die lam van God se liefdeslied weerklink in my
Wat is die mens dat U oor hom sal glimlag?
En wie is ek dat U vir my sal kom?
Hoe groot U liefde, grenslose genade
Die lam van God se liefdeslied weerklink in my
Hoe groot U liefde, grenslose genade
Die lam van God se liefdeslied weerklink in my
Van krip to kruis weerklink U liefdesdlied vir my