
Waterblommetjies
Waterblommetjies uit die Boland
Waterblommetjies vannie die Kaap
Maak die bredie net soos in die Wynland
En sê jy is baie lief vir my voor jy gaan slaap
Daardie wind waai weer by my voordeur in
En hy maak my hart mos aan die sing
Dis lekker om die Kaap weer dag te sê
Van Hunks het al sy pyp gestop
Tafelberg se hoed is op
En die bergies begin al huis se kant toe staan
Groenpunttoring knip sy oog
Die Suid-oos maak so 'n wye boog
En die Waalpad help jou as jy huis toe gaan
En daar is waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies innie Kaap
Maak die bredie net soos innie Wynland
En sê jy is baie lief vir my voor jy gaan slaap
O Kaap, o Kaap, o mooiste Kaap
Jy maak my hart weer baie seer
Jou ghantang kom mos altyd weer en weer
Die Mayflower het uitgevaar
Gaan snoek haal daar by Houtbaai waar
Karbonkelberg die stormsee gewaar
En het teruggekeer na Tafelbaai
En op Duiwelspiek vir die engel gewaai
En die engel het 'n traan uit sy oë gevee
Waar's all daai waterblommetjies innie Boland?
Waterblommetjies vannie Kaap
Maak jou bredie net soos innie Wynland
En sê jy is baie lief vir my voor jy gaan slaap
Waterblommetjies uit die Boland
Waterblommetjies van die Kaap
Maak die bredie net soos innie Wynland
En sê jy is baie lief vir my voor jy gaan slaap