
Wie Is Jy Nou
Ek staan soms sprakeloos
Gedwing om my mond te hou en wie is ek nou?
Ek sien jou woorde vlieg
Die een na die ander en ek moet bieg
Ek's moeg om my gevoelens in te hou
Want my hart se stem bly nooit ooit stil nie
Maar hoe sal jy weet as ek nooit iets sê nie?
En nou as my woorde kan bou aan jou
Sou jy alles anders sien
Sou jy anders voel
Sou jy weet wie jy is
En nou as my gedagtes sou waar word oor jou
Sou jy weet wie jy moet wees
Sou jy ophou om te vrees
Want jy weet wie is jy nou
Verbeel jou woorde kom
En verlore tye soos 'n suiderkruis kom
En jou jou rigting help bepaal
Want as jou hart sy roep verstaan
Kan moeilike tye kom, jy sal kan staan
En jou hart se stem bly nooit ooit stil nie
Maar hoe sal ek weet as jy nooit iets sê nie?
En nou as my woorde kon bou aan jou
Sou jy alles anders sien
Sou jy anders voel
Sou jy weet wie jy is
En nou as my gedagtes sou waar word oor jou
Sou jy weet wie jy moet wees
Sou jy ophou om te vrees
Want jy weet wie is jy nou
En nou
En nou
En nou
En nou