Daar Doer In Die Bosveld


Vêr van die stad
Wil ek graag ry
Die ou Wapad
Die roep na my
My hart verlang
Na eensaamheid
O, laat my dwaal
Oor velde wyd

Daar doer in die Bosveld
Daar wil ek bly
Daar doer in die Bosveld
Daar's rus vir my
Deur heimwee gedrewe
Daar wil ek lewe
In vreedsaamheid en stilte gaan die tyd verby

Groen doringbome
Fluister omheen
Rustige drome
Droom ek alleen
Droë lente maande
Sterligte aande
Orals is skoonheid
Die lewe se seën

Deur heimwee gedrewe
Daar wil ek lewe
In vreedsaamheid, en stilte, gaan die tyd verby
In vreedsaamheid, en stilte, gaan die tyd verby


Autor(es): Ernest van Rooyen, Anton de Waal