Onbeskaamd

10 000 Redes


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Die son kom op, dis 'n nuwe dagbreek
Die tyd is hier om weer te sing
Wat my mag tref en wat ook al voorlê
Mag ek steeds sing wanneer skemer kom

Prys die Heer o my siel, o my siel
Loof nou Sy grote naam
Sing 'n lied vir die Heer, o my siel
Loof nou Sy grote naam

U liefde is groot en geduld onmeetbaar
U naam is groot en U hart is goed
Vir al U goedheid sal ons almal lofsing
10 000 Redes vir my hart se lied

Prys die Heer o my siel, o my siel
Loof nou Sy grote naam
Sing 'n lied vir die Heer, o my siel
Loof nou Sy grote naam

En op die dag wat my lewe eindig
Die einde kom en my tyd is min
Sal my lied dan vir U wees, oneindig
10 000 Jare en vir ewig meer

Prys die Heer o my siel, o my siel
Loof nou Sy grote naam
Sing 'n lied vir die Heer, o my siel
Loof nou Sy grote naam

Prys die Heer o my siel, o my siel
Loof nou Sy grote naam
Sing 'n lied vir die Heer, o my siel
Loof nou Sy grote naam