Shofarband

Alles Gaan Oor U

Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

U ken ons hart
Die diepte van ons siel
U het ons losgekoop
Daarom kan ons maar net kniel

En als wat nog hier in ons is
Uitstort by U Heer
Want niks is meer ons eie nie
Alles gaan oor U

Heer ons sing van U naam
Kan nie anders as om uit te roep van die krag wat daar bestaan
In die kruis en in U Seun se bloed, in 'n U kan ons bly staan
Deur ons in U naam te roem, ons wil net
Nader tot U
Want alles gaan oor U

Alles wat ons het
Lê ons nou hier voor U neer
En als wat ons wil wees
Weet ons niks kan sonder U gebeur

En als wat nog hier in ons is
Stort ons uit voor U
Want niks is meer ons eie nie
Alles gaan oor U

Heer ons sing van U naam
Kan nie anders as om uit te roep van die krag wat daar bestaan
In die kruis en in U Seun se bloed, in 'n U kan ons bly staan
Deur ons in U naam te roem, ons wil net
Nader tot U
Want alles gaan oor U

U ken ons harte
Dit is vir U
Wys ons U hart o Heer

U ken ons harte
Dit is vir U
Wys ons U hart o Heer

Ons kan nie op ons eie nie