Die Gaskunstenaars

Beautiful in Beaufort Wes


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Jy was beautiful in Beaufort-Wes
En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
En ek en jy het op grafte en op treine
Op Ford Fairlane, jy know, se agterseats gevry

En nou is jy en jou man both computer analysts
Laas winter you tried to cut above your wrists
En nou skryf jy vir my

Ek kan nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir myself doen nie
Nooit ooit weer vir my soen nie

Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook
Terwyl jy menthol sigaret rook
En al daai sweet, sweet dinge vir my sê
Terwyl jy sweet-sweet in my arms lê

Die presiese woorde het ek presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
En jou kaal liggaam onder 'n koel
Summer cotton dress

Ek kan nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir myself doen nie
Nooit ooit weer vir jou soen nie

En dis miskien soos die storie uit die Huisgenoot
Maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
En in die rearview mirror jou gesig gekyk
En gesê miskien moet ek gelukkiger lyk

Daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf
En soos 'n roeiboot al in die rivier af dryf

Ek kan nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir myself doen nie
Nooit ooit weer vir jou soen nie

Ja, die laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry
Tot anderkant die ding-dong gong
Van die breakfast waiter in die gang verby

Dit was my wake-up call, my lief
Jy het gesê, wees asseblief lief vir my
Maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon

Ek kan nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie
Nooit ooit weer vir jou soen nie

Ek kan nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie
Nooit ooit weer vir jou soen nie