Dankie
(Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag)
Dankie vir hierdie skone môre
Dankie vir hierdie nuwe dag
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag
Dankie vir al die goeie vriende
Dankie vir elke boom en blom
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom
Dankie vir elke kinderlaggie
Dankie vir elke sonnestraal
Dankie dat ek my weg terugvind waar ek ook al dwaal
Dankie vir vlaktes en vir berge
Dankie vir elke silwer stroom
Dankie vir al ons ideale, elke goue droom