Christia Visser

Die Deur


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Hier in die stilte
Jy praat, ek hoor niks
Gebruik vreemde woorde
Vermaak, vermis
'n Huis is die plek waar jou siel kan bedaar
Hier waar ek staan val my siel in mekaar
Jy maak jou tuis agter hoeke by haar
Is dit waar, is dit waar?

Jy't die deur oop gelos
En die monsters wil in
En ek weet ek moet gaan
Want dis net die begin
Jy het die deur oop gelos
Dis 'n helse gemors
Jy het
(Jy het)
(Jy het)

Jy't die deur oop gelos
En ek staan gevries
En my bene gee in
Ek smeek asseblief
Maar jy het die deur oop gelos
Jy't die deur oop gelos
Jy het
(Jy het)
(Jy het)

My asem lê vlak
Ek wil minder onthou
Die rooi vlae weer terug pak
Ek wil
Ek wou
Want hoe meer ek onthou
Hoe meer vrede traak my
Ek sien jou verdwyn
Al het ons almal verbly
My grootste verlies is die einde van my
Ek is klaar
Ek is klaar

Jy't die deur oop gelos
En die monsters wil in
En ek weet ek moet gaan
Want dis net die begin
Jy het die deur oop gelos
Dis 'n helse gemors
Jy het
(Jy het)
(Jy het)

Jy't die deur oop gelos
En ek staan gevries
En my bene gee in
Ek smeek asseblief
Maar jy het die deur oop gelos
Jy't die deur oop gelos
Jy het
(Jy het)
(Jy het)

Voel warelwinde
Tornadoes onkunde
Seer en teer en weer
Sonlig wil in kruip
Ek wil dit vas gryp
Meer probeer beheer
(Meer probeer beheer)

Jy't die deur oop gelos
En die monsters wil in
En ek weet ek moet gaan
Want dis net die begin
Jy het die deur oop gelos
Dis 'n helse gemors
Jy het

Jy't die deur oop gelos
En ek staan gevries
En my bene gee in
Ek smeek asseblief
Maar jy't die deur oop gelos
Jy't die deur oop gelos
Jy het
(Jy het)
(Jy het, jy het)