
Die Mense Wat Ek Liefhet
Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus, gedy
En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my mos kombersie
En as daar ‘n oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
‘n Ekstra liefdeslaag om my
So marsjeer ek deur die wêreld
Gepantser teen die vuur
Die onaantasbaarheid self
Ek met my mens kombersie
Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Kom sit daar ‘n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie
Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus, gedy
En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my mens kombersie