
East Rand Blues
Ek sit hier in die dames kroeg van die Riebeeck Hotel
Ek sê, 'n ander ou sit langs my en sy tong kan ek nie kwel
Hy sê hy kom vanaand van Nigel af, hy't gehoor hier's die jol
Maar daar's drasties te min bokkies en geen kwessie van 'n zol
Drasties te min bokkies
Hy vat my aan die skouer en hy sê ek is sy beste vriend
Hy koop vir my 'n Blackie, toe dink hy ek is tot sy diens
Hy sê vir my, jou bliksem, van nou af is jy my nommer een
As enige ou ons aanrand, weet ek dat ek op jou kan reken
Ek raak nou bietjie worried, want ek weet die ou is lankal dronk
Hy loer tot anderkant waar daar 'n meisie is wat lekker pronk
My buurman staan so stadig op, ek weet sy kop is vol dronk planne
En lanks die meisie staan haar man, hy maak sy bier oop met sy tande
Ek dink dis hoogtyd om te waai, maar dis te laat, 'n groot lawaai is voor my
Wat ek kan sien is die man en die meisie en my nuwe vriend
Die man is kwaad, die meisie is wild
My dronk vriend sê dis alles my skuld
Ek probeer om te pleid
Ek laat wikkel die taal
Maar die man sit my neer
Met 'n vuis van staal
Ek sit hier in die dames kroeg van die Nigel Hotel
Ek sê, 'n ander ou sit langs my, maar my tong kan hy nie kwel
Ek sê ek kom vanaand van Springs af, ek't gehoor hier's die jol
Maar daar's drasties te min bokkies en geen kwessie van die zol
Drasties te min bokkies
Drasties te min
Dis drasties