
Ek Wil Jou Nooit Weer Sien
Jy, staan nou weer voor my deur
En sê ek moet jou weer terug neem
Jy, wat my al talle maal so seer gemaak het en dan net lag
Jy, wat ander manne vat en dan weer dink dis net 'n spel
Luister mooi wat ek nou vir jou sê
Ek wil jou nooit weer sien
Die lewe is te kort daarvoor
Ek wil myself geniet
Daar bly nog duisend vreugdes oor
Ek wil myself bevry
Om nooit nooit weer deur een soos jy te lei
Toe loop nou
Ek wil jou nooit weer sien
Ek, ek is gelukkig nou en as ek aan jou dink wil ek lag
Om, te weet dat ek kan leef sonder die seerkry van jou ontrou
Jy het lank genoeg getalm toe loop en gaan jou gaan
Luister mooi na wat ek nou vir jou sê
Ek wil jou nooit weer sien
Die lewe is te kort daarvoor
Ek wil myself geniet
Daar bly nog duisend vreugdes oor
Ek wil myself bevry
Om nooit nooit weer deur een soos jy te lei
Toe loop nou
Ek wil jou nooit weer sien
Los tog jou leuns nou
Daar's niks te berou
Als is nou klaar tussen ons
Daar is 'n wêreld 'n oop vrye wêreld niemand gaan my ooit weer kul
Ja, in die môre môre gaan dit anders wees
Ja ek gaan lewe lewe sonder jou
Ek wil jou nooit weer sien
Die lewe is te kort daarvoor
Ek wil myself geniet
Daar bly nog duisend vreugdes oor
Ek wil myself bevry
Om nooit nooit weer deur een soos jy te lei
Toe loop nou
Ek wil jou nooit weer sien
Ek wil jou nooit weer sien