Esti

Ek's Sy Kampioen


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Daar's ietsie wat ek jou moet sê
Ek weet nie of jy sal verstaan nie
Hy's meer as ek ooit kon wou hê
Sy liefde sal nooit kan vergaan nie

'n Kampioen
Jy's Sy kampioen
'n Kampioen
Jy's Sy kampioen
'n Kampioen

Ek hoor jou nie kla nie
Al het jy te veel om te dra
En niks kan jou pla nie
Jy gee wat die lewe jou vra

As ek in die moeilikheid is
Dan soek ek vir Hom aan my kant
Ek word sommer gou weer gerus
Ek vat net Sy hand in my hand

Jy's 'n kampioen
Sy kampioen
'n Kampioen
Jy's Sy kampioen
'n Kampioen

Jy praat ook nie groot nie
Al sou jy verdien om te spog
Jy stamp en jy stoot nie
Maar almal bewonder jou tog

Hy skyn soos 'n lig in die nag
Daar soveel geluk wat Hy bring
Hy neem vir my meer elke dag
Dis hoekom ek nou vir jou sing

Jy's 'n kampioen
Sy kampioen
'n Kampioen
Sy kampioen
'n Kampioen
Sy kampioen
'n Kampioen
Sy kampioen

Daar's ietsie wat ek jou moet sê
Ek weet nie of jy sal verstaan nie
Hy's meer as ek ooit kon wou hê
Sy liefde sal nooit kan vergaan nie
Sy liefde sal nooit kan vergaan nie
Jy's Sy kampioen