Fokofpolisiekar

FLVJ


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Vyf vingers vir die vuis waarmee jy my wil slat
Vier-uur is te laat om in die strate te stap
Derde keer is gelukkig, die trane spat
Die twee van ons, my skat
Ons vat een vir die pad

Jy’s die volume op my radio
Sout in my wonde
So hoog as moontlik, so seer
Jy maak my gesonder
Dinamiet kom in klein boksies
Dis antisepties, maar liefde is toksies
En dit maak my siek om te sê

Ek's fokken lief vir jou
So fokken lief vir jou
Ek weet ek sê dit min
Maar ek sê dit nou
Al die kak wat ons al deur is
Fokken lief vir jou

Ek weet daar's moeilikheid daar buite
En ek dink ons sal dit maklik kan vind
As jy my aanbid
En ek jou vat soos 'n vitamiene
Geen dissipline

Ek weet ek sê dit min
Maar ek sê dit nou
So fokken lief vir jou

Daar's 'n kroeg tussen die Sanlam hoofgebou
En die Strandstraat se Spar
Oulike dame
Wat agter die toonbank staan

Week se salaris in die bank
Geen planne gehad
Vat jul kaarte, vra ek
Nee, ons gee hulle terug
Nou, hoe gaan ek betaal
En hoe laat maak jy klaar?

Sy sê sy werk nie
Nou, wat maak jy agter die bar?
Ek wag vir jou, sê sy
En jy mors nou my tyd
Daar is reëls om te breek
En foute om te maak
Kom ons maak onsself los en gaan sit vas in mekaar

Ek's fokken lief vir jou
So fokken lief vir jou
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Al die kak wat ons al deur is
Fokken lief vir jou

Ek weet daar's moeilikheid daar buite
En ek dink ons sal dit maklik kan vind
As jy my aanbid
En ek jou vat soos 'n vitamiene
Geen dissipline

Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou

En ek maak musiek om te sê
Ek's fokken lief vir jou
So fokken lief vir jou

Ek weet ek sê dit min
Maar ek sê dit nou