
Gee Jouself
Dis die kind op die straat se hoek
Met oë wat soek
Dis die ma met die babatjie
Wat nie nog 'n dag sal sien
Gee 'n bietjie liefde
Gee 'n bietjie hart
Gee 'n bietjie iets wat jou iets kos
En los dit wat niks kos, gee 'n bietjie tyd
'n Bietjie van jouself
'n Bietjie meer as 'n maag vol
Meer as 'n oomblik
Iets wat hou
Vir langer as môre (Môre)
Gee jouself
Ouma met verwelkte oë
En gekneusde hart
Want lank verlore kinders veroorsaak smart
Gee 'n bietjie liefde
Gee 'n bietjie hart
Gee 'n bietjie iets wat jou iets kos
En los dit wat niks kos, gee 'n bietjie tyd
'n Bietjie van jouself
'n Bietjie meer as 'n maag vol
Meer as 'n oomblik
Iets wat hou
Vir langer as môre
Gee jouself