Jannie Pelser

Gee Ons Vandag Ons Daaglikse Brood


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Gee ons vandag ons dag se brood
Gee ons vandag ons dag se brood
Wees ons genadig, wees ons voorsiening
Gee ons vandag ons dag se brood
Ons verdien niks Here, tog doen U goed aan mense
Gee ons vandag ons dag se brood

(Gee ons vandag ons dag se brood) Sien die honger kinders
(Gee ons vandag ons dag se brood) Die lyding op die aarde
Mense is uitgeteer, lewens is so verweer
Gee ons vandag ons dag se brood
U is ons verlossing van die groot verwoesting
Gee ons vandag ons dag se brood

(Gee ons vandag ons dag se brood) Rykhalsend wag die aarde
(Gee ons vandag ons dag se brood) Ons lewens het min waarde
Totdat ons verander deur U Gees vernuwe
Gee ons vandag ons dag se brood
In U groot ontferming bied U ons beskerming
Gee ons vandag ons dag se brood

(Gee ons vandag ons dag se brood) Ons dank U vir die aarde
(Gee ons vandag ons dag se brood) Vir mense het dit waarde
Help ons dit op te pas daarvoor te sorg vandag
Gee ons vandag ons dag se brood
Seën die aarde Here laat dit steeds voort lewe
Gee ons vandag ons dag se brood

(Gee ons vandag ons dag se brood) Ons het U nodig Vader
(Gee ons vandag ons dag se brood) Ons bly steeds diep afhanklik
Wees ons genadig wees ons voorsiening
Gee ons vandag ons dag se brood
Ons verdien niks Here tog doen U goed aan mense
Gee ons vandag ons dag se brood
Ons verdien niks Here tog doen U goed aan mense
Gee ons vandag ons dag se brood