Esti

Glo in My


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Ek luister na die wind
Waarin ek rus en vrede vind
Ek luister na jou
Met die vraag in jou oë, blou

Maar kom
Laat Ek jou wys wat ware vrede is
En bly
Want vanaand is Ek die stilte in jou storm

Jy glo in My, en Ek sien in jou
Jou drome en jou wense
Wat ons saambou
Kyk verby al die storms
En kyk verby die swaar
Die son, die maan en die groot heelal
Wat Ek hier vir jou bewaar

Met alles rondom jou
Wat jou so besig hou, dag tot dag
Onthou Ek's altyd daar
Al wat jy moet doen is vra

So kom
Laat Ek jou wys wat ware vrede is
En bly
Want vanaand is Ek die stilte in jou storm

Jy glo in My, en Ek sien in jou
Jou drome en jou wense
Wat ons saambou
Kyk verby al die storms
En kyk verby die swaar
Die son, die maan en die groot heelal
Wat Ek hier vir jou bewaar

Jy glo in My, en Ek sien in jou
Jou drome en jou wense
Wat ons saam aan bou
Kyk verby al die storms
En kyk verby die swaar
Die son, die maan en die groot heelal
Wat Ek hier vir jou bewaar

Glo jy in My? Want Ek sien in jou
Jou drome en jou wense
Wat Ek in jou vervul