Jannie Pelser

God alleen


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Kyk bietjie om jou rond en dan sal jy sien al die kleure wat die veld aan ons voorsien
Dan weet jy God is daar
Al die blomme wat in kleureprag oopgaan, al die berge wat met trotse vors so staan
Dan weet jy God is daar

Wie kan soveel krag neerlê?
Soveel mag oor die aarde hê?
Daar's net een, daar's net een

God alleen
Ja God alleen
Het die aarde
Vir ons uitgeleen

God alleen
Ja God alleen
Het die aarde
Vir ons geleen

As 'n pasgebore kindjie die lewe groet en 'n leeu lê haar welpies mooi in 'n groep
Dan weet jy God is daar
Sien jy die magte van die oseaan wat vernietigend 'n skulpie laat vergaan
Dan weet jy God is daar

Wie kan soveel krag neerlê?
Soveel mag oor die aarde hê?
Daar's net een, daar's net een

God alleen
Ja God alleen
Het die aarde
Vir ons uitgeleen

God alleen
Ja God alleen
Het die aarde
Vir ons geleen

God alleen
Ja God alleen
Het die aarde
Vir ons uitgeleen

God alleen
Ja God alleen
Het die aarde
Vir ons geleen

God het toe Sy kinders gevra om die aarde op hul hande te dra
Tot Sy eer, Hy is Heer