Louis Brittz

God Van Krag


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

God van krag
U stem kom skeur die hemel
Soos weerlig in die nag
U woorde vernietig elke twyfel en vrees
Want U lewe
U lewe

En ek sal sing
Al huil die stormwinde
Al dreun die vloed met mag
'n Ewige vlam van hoop brand diep in my
Want U leef. U leef, U lewe

Meer as wat ek kan dink of kan droom
Kan U waar maak in my lewe
U regeer oor my donkerste nag
Ek vertrou U God van krag (Ek vertrou van krag)
My God van krag

God van krag
U stem kom skeur die hemel
Soos weerlig in die nag
U woorde vernietig elke twyfel en vrees
Want U lewe
U lewe

En ek sal sing
Al huil die stormwinde
Al dreun die vloed met mag
'n Ewige vlam van hoop brand diep in my
Want U leef, U leef, U lewe

Meer as wat ek kan dink of kan droom
Kan U waar maak in my lewe
U regeer oor my donkerste nag
Ek vertrou U God van krag (Ek vertrou van krag)
My God van krag

Meer as wat ek kan dink of kan droom
Kan U waar maak in my lewe
U regeer oor my donkerste nag
Ek vertrou U God van krag (Ek vertrou van krag)
My God van krag

My God van krag
My God van krag