Groep Twee

Haas Das Se Nuuskas

Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Ons kyk na Haas Das se nuuskas, Dinsdag aand om ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas, dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas, groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland bring Haas Das vanaand

Hasie kwas, die groot lawaai hardloop dat dit kraak
Maar Skillie het die geelwortels oor sy pad gesaai
Hasie eet hom trommeldik en raak toe aan die slaap
En Skillie word organiseerderskorps se eerste kandidaat

Ons kyk na Haas Das se nuuskas, Dinsdag aand om ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas, dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas, groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland bring Haas Das vanaand

Groot Oom Slapoor Olifant het 'n creche begin
Waar al die dierekindertjies saam kan speel en sing
Maar die stoute apies het vir dae lank geraai
Sou hulle aan Oom Olifant se slurp of stertjie swaai

Ons kyk na Haas Das se nuuskas, Dinsdag aand om ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas, dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas, groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland bring Haas Das vanaand

Piet Muis het die laat berig haastig ingebring
Die stoeigeveg op Leeupark is nou net die ding
Droster, die renoster het vir Krokkie uitgedaag
En niemand weet Ou Krokodil gaan 'n masker dra

Ons kyk na Haas Das se nuuskas, Dinsdag aand om ses
Ons kyk na Haas Das se nuuskas, dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas, groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland bring Haas Das vanaand

Haas Das se nuuskas, Dinsdag aand om ses