Duis:Lig

Helder Lig

Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Maak oop ons oë, in donker nag skyn net U helder lig
Kom brand 'n vuur hier in ons harte vir U koningkryk
Kom wys die nood wat roep na U, waar ons U hoop kan dra
Kom skink U woorde in ons Gees dat ons kan lewe bring

Kom helder lig en skyn deur ons met waarheid
Kom liefdeslig en maak ons lewens bruikbaar
Ons wil U dien met harte wat bereid is
U liefde gee vir mense in gebrokenheid

Kom werk deur ons, stuur ons met liefde wat verlossing bring
Vul ons met vreugde, gee ons krag dat ons U beeld kan dra
Ons gee ons hande, voete, lippe, gee ons self vir U
Mag al ons woorde, dade, denke, U groot naam uitskree