
Hier By U
In my rou menswees
Staan ek voor U
Sonder voorgee of maskers, is ek hier
In my gebrokenheid
Staan ek voor U
Met 'n hart wat verlang, is ek hier
Hier om myself te kan wees
Hier om by te wees
Hier by U voete
Is ek veilig
In U teenwoordigheid is rus
Hier by U voete
Is daar lewe
Waters wat deur my droogte vloei
Met 'n skaduwee
Staan ek voor U
Met al my foute en swakheid is ek hier
In my droogte
Staan ek voor U
Met verlange wat brand is ek hier
Hier om myself te kan wees
Hier om by te wees
Hier by U voete
Is ek veilig
In U teenwoordigheid is rus
Hier by U voete
Is daar lewe
Waters wat deur my droogte vloei
Hier by U voete
Is ek veilig
In U teenwoordigheid is rus
Hier by U voete
Is daar lewe
Waters wat deur my droogte vloei