
Hoop
In 'n onseker wêreld is dit moeilik om altyd te glo
In 'n onsigbare God wat verstaan en wat sien, en wat hoor
En wanneer vrese jou blind maak en bekommernis jou sagte hart, hard laat
En jy stil word, jou oë toemaak, bid en vra, God neem beheer
Wanneer ons toelaat dat ons oë kyk deur filters van liefde en vergiffenis
En ons vrede 'n kans gee om ons bitterheid te kom wegvee
En ons oorgee, en God vra
Gee my hoop vir my wêreld
Gee my hoop vir my mense
Gee my hoop vir my nasie
Daar is hoop (Daar is hoop)
Daar is hoop (Daar is hoop)
Altyd hoop
As ek val sal ek opstaan
Aanhou en weer probeer, nog 'n keer
Ek sal kophou en moedhou
Altyd op God vertrou, elke keer
As ek val sal ek opstaan
Aanhou en weer probeer, nog 'n keer
Ek sal kophou en moedhou
Altyd op God vertrou, elke keer
U gee my hoop vir my wêreld
U gee my hoop vir my mense
U gee my hoop vir my nasie
U gee hoop
U is hoop
Altyd hoop