
Huwelikslied
Ek belowe
Voor getuies
Om jou lief te hê vir altyd, dis my woord
Soos die Here
Sy beloftes
In ons waar maak, net so doen ek in akkoord
Vat my hand
Staan by my
Gister is vir eers verby
God roep ons
Om te dien
Ons moet Hom gehoorsaam wees
Ek belowe voor getuies
Om jou lief te hê vir altyd, dis my woord
Soos die Here Sy beloftes
In ons waar maak, net so doen ek in akkoord
Ek dank God
Vir Sy sorg
Hy het jou aan my gegee
In jou oë
Sien ek Hom
Kom ons deel Sy liefde mee
Ek belowe voor getuies
Om jou lief te hê vir altyd, dis my woord
Soos die Here Sy beloftes
In ons waar maak, net so doen ek in akkoord