Len Muller

Klei


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Modder en klei
Uit Jou mond het ek asem gekry
En ek wil beter wees
As gister

Het al baie geleer
Ook myself al 'n paar keer verloor
As ek verdwaal
Kom haal my weer

My naam is op Jou hand geskryf
Elke aar is getel
Jy sal my nooit verlaat nie, Jy is altyd een tree voor my
So ek sal in Jou spoor bly
So ek sal in Jou spoor bly

Was ek al te doof
Vir alles wat Jy wou sê en dan twyfel ek weer
In my en Jou

Maar op my knieë
Voor die Lig
Wat deur die duister wil skree, ek weet
Ek is leeg sonder Jou

My naam is op Jou hand geskryf
Elke aar is getel
Jou woorde lig die pad vir elke tree wat ek gee
Jy sal my nooit verlaat, altyd een tree voor my
So ek sal in Jou spoor bly
Gaan waarheen Jy my lei
Ek sal in Jou spoor bly
Gaan waarheen Jy my lei

Weinig slae
Ek's weerloos en wakker
So ek sal luister na die wind en die reën, vra ek
Om te val op my

Modder en klei