Francois Van Coke

Komma [Live Unplugged in Kaapstad]


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

In jou gesig is 'n sterrestelsel
O, ek is 'n kind wat na die sterre kyk
As jy jou hande deur my hare vryf
In die donker voel ek weerloos, voel ek weer klein

As die stormweer begin sanik
Die berg brand en die boom omwaai
En as die vlamme aan my gordyne lek
Dan skryf ek vir ons 'n nuwe plek

Want as die weer weer kom, sal dit kom om te bly
Ek ken die skaamte en die kwesbaarheid
Ek onthou ons het hardop gebid
En ek onthou ons het in ons skoolklere gevry

So ek skryf maar vir my 'n wegkruipplek
Want ek weet die weer sal weer kom om te bly

Maar komma, komma, komma, komma weer
Hierdie keer is ek gereed

Ek sal 'n byl in my hand hê
Partykeer moet jy iets oopbreek
Ek ken van in die hoek geskop word en gil
Jou teen die ruit stamp en ons albei kraak

Ek skryf maar vir my 'n wegkruipplek
Daars 'n berg, ou piele, wat brand in pleks van my verstand

Maar komma, komma, komma, komma weer
Hierdie keer is ek gereed

In jou gesig is 'n sterrestelsel
O, ek is 'n kind wat na die sterre kyk
As jy jou hande deur my hare vryf
In die donker voel ek weerloos, voel ek weer klein


Writer/s: Francois Badenhorst, Georg De Ridder, Jacobus Venter, John Kennedy, Wynand Johannes Myburgh

The most viewed

Francois Van Coke songs in July