Krake
Maak my stadig spyt
Oor die woorde in my
Help nie ek wil praat nie
Maar leer my nou om te skree
Deur alles in my
Toe te maak met stilte
Tussen deur die note
En ek weet jy wil hoor
Dat almal om jou luister
Hoop skree uit die donker
Is jy sowaar nog stil?
Dit is die weerlig wat in jou druis wat my tem
En ek wil hoor hoe jy die krake kom vul in my stem
Jou wapen is jou pen en jy kies om dit neer te lê
Kan jy weer vir my kom sê?
Dis nie vir altyd nie
Dis nie vir altyd nie
Dis nie vir altyd nie
Dis nie vir altyd nie
Jy sê ek moet nie
Omgee oor more nie
Omgee wat die mense sê nie
Deur alles in my
Hard te maak met stilte
Dit help nie ons is hier nie
Help nie ons verdwyn nie