
Mengelmoeskardoes
Meer as die vrot in 'n vrot pampoen
Groter as Hentiesbaai se wengaljoen
Meer as die woes in 'n mengelmoeskardoes
Meer as al die tieners wat op MXIT chat
En verder as die sesse van Gibbs se bat
Meer as die gees by Klein Karoo Kunstefees
O, jy dink jy's lief vir my maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou en ek sal jou verras
Sê dit vir my en dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer
Langer as die draai van die Kaapsedraai
Dieper as die see in 'n Weskusbaai
Wyer as wyd
Hoër as die hoogste berg
Meer as al die borrels in my borrelbad
Groter as die potholes op die noordwes pad
Verder as ver
Langer as die N1 lyn
O, jy dink jy is lief vir my maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou en ek sal jou verras
Sê dit vir my dan wys ek jou weer en weer
Jy dink jy's lief vir my maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my maar ek kan myne nie keer
En as jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou en ek sal jou verras
Sê dit vir my dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer
Jy dink jy's lief vir my maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou en ek sal jou verras
Sê dit vir my dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer
O, ek lief jou meer