Onbeskaamd

O Heer My God / Hoe Groot Is God


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

O Heer my God
As ek in eerbied wonder
En al U werke elke dag aanskou
Die son en maan
Die aarde, stêrre, wolke
Hoe U dit elke dag so onderhou

Dan moet ek juig, my Redder en my God
Hoe groot is U
Hoe groot is U
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer, U grote naam

Ek sien die veld
Die bosse, berge, vlaktes
Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind
O Heer U sorg
Vir klein, vir groot vir alles
En U sorg dag na dag vir my U kind

Dan moet ek juig, my Redder en my God
Hoe groot is U
Hoe groot is U
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer, U grote naam

U Seun word mens
In ons gebroke werêld, kom vestig Hy Sy koningsheerskappy
Hy maak weer heel
Wat sonde hier gebreek het, Hy bring weer hoop en redding ook vir my

Dan moet ek juig, my Redder en my God
Hoe groot is U
Hoe groot is U
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer, U grote naam

Hoe groot
Is ons God
Almal sal sien hoe groot is ons God
Hoe groot
Is ons God
Almal sal sien hoe groot is ons God