Sonja Herholdt

Oberammergau


Print songSend correction to the songSend new songfacebooktwitterwhatsapp

Volg my, my beminde
En hardloop langs my
En ek vat jou na die water
As die wolke gordyntjies ooptrek

Volg my, my beminde
Deur die stilte van die ruim
Tot anderkant die son en maan
Waar my pad deur sterre dwaal

Oberammergau
Oberammergau
Oberammergau
Oberammergau

Volg my, my beminde
Die lewe hardloop saam
Al die mense wat ons liefhet
Sleep ons soos ‘n stewelspoor saam

Volg my, my beminde
Deur die wolke en die ruim
Tot anderkant ons groen planeet
Sal ‘n Noagreënboog staan

Oberammergau
Oberammergau
Oberammergau
Oberammergau

Volg my, my beminde
Waar die donker eeue troon
Na die houtkruis tussen sterre
Op ‘n witperd onder die Melkweg

Volg my, my beminde
Na my khaya op die wind
Want anderkant seer en lief verby
Kom ‘n passiespele aan

Oberammergau
Oberammergau
Oberammergau
Oberammergau


Writer/s: ANTON GOOSEN